Original Articles

VAN SKOOL NA UNIVERSITEIT: 'N JANUSBLIK OP SKRYFONDERRIG

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724393
Author(s): Ria SmutsDept. Didaktiek, Fakulteit Opvoedkunde, ,
Keywords: ,

Abstract

Die vraag wat bespreek word, is ofstudente deur die skryfonderrig wat hulle in die senior secondêre skoolfase ontvang, voldoende toegerus word vir die skryfwerk wat op universiteit van hulle verwag word. Die aanleiding tot die ondersoek is die klagtes van dosente en werkgewers dot studente met skoolverlatingsertifikate nie by magte is om hul effektief uit te druk nie. Die resultate van ondersoeke onder eerstejaarstudente van 1988 en 'n soortgelyke groep van 1997 word vergelyk ten einde te bepaal of die posisie verander het. Die ondersoek betrek studente se ingesteldheid teenoor skryf, hul ervaring van skryfonderrig op skool, hul skryfgedrag, leemtes wat hulle self in hul opleiding identifiseer en skryfprobleme wat hulle ervaar. Dit blyk dat daar, ondanks verbeterde omstandighede en toenemende kennis omtrent skryfonderrig, steeds ernstige leemtes in hul opleiding bestaan, veral ten opsigte van hul skryfprosesse. Dit blyk voorts dat hulle skryfprobleme ervaar wat uitgeskakel kan word deur gerigte opleiding in die hantering van akademiese diskoers. Aangesien dit nielyk asof die probleem in die toekoms meer suksesvol in die skool gehanteer sal word nie, beteken dit dat nie net nie-moedertaalsprekers hulp verdien nie, maar dat ook aan moedertaalsprekers taalgebruiksonderrig op universiteitsvlak verskaf behoort te word ten einde hulle potensiaal te verwesenlik

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics