Original Articles

'n Sinchroniese beskouing van diskoerslinguistiek

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724522
Author(s): Wilhelm du PlessisDepartement Afrikaans, Suid-Afrika, Barbara BoschDepartment of Linguistics and English Language, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek dat wat tot dusver as tekslinguistiek beskou is, eerder benoem moet word met die term diskoerslinguistiek. Om hierdie benamingsverandering te motiveer, word ondersoek ingestel na die konsepte ‘diskoers’ en ‘interdissiplinCr’ tenvyl 'n ondersoek na die konstituerende elemente van tekslinguistiek, naamlik ‘teks-’ en ‘linguistiek’ laat blyk dat die benaming tekslinguistiek inderdaad te benouend blyk te wees vir 'n studie wat betekenisgenerende elemente wat buite die teksgrense IC ook betrek tydens die dekoderingsproses, veral wanneer in gedagte gehou word dat 'n teks uit sintaktiese, semantiese en pragmatiese eenhede bestaan. 'n Verdere gevolgtrekking waartoe hierdie artikel kom, is dat dit nodig is om De Beaugrande & Dressler se sewe standaarde (beginsels) van tekstualiteit te modifiseer tot twee superstandaarde van tekstualiteit, naamlik kohesie en koherensie. Dit maak die diskoerslinguistiese ontleding van 'n teks meer realisties en prakties-uitvoerbaar.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics