Original Articles
Academic Vocabulary : Putting Words in Academic Texts in Perspective
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724552
Author(s):
PA Cooper Department of Linguistics, ,
Abstract
Toetse van woordeskatgrootte onder studente wat deur middel van 'n tweede taal studeer, het aangedui dat hulle gewoonlik nie beskik oor die basiese, akademiese en gevorderde woordeskatte wat deur hulle voorgeskrewe leesstof vereis word nie. Dit is uit hierdie bevindings duidelik dat sulke studente nie leksikaal in staat daartoe is nie om stukke eksposisionele teks behoorlik te verstaan nie. In hierdie artikel konsentreer ek op die aard van die semantiese netwerke wat samehangendheid in stukke akademiese teks onderlĂŞ ek bespreek die leksikale probleme waarmee tweedetaalstudente op voorgraadse vlak te doen het, en ek ondersoek die pedagogiese implikasies van 'n onvoldoende akademiese woordeskat. In hierdie bespreking val kwessies soos die volgende onder die soeklig: in hoeverre woordeskat die akademiese prestasie van tweedetaalstudente beĂŻnvloed, die feit dat studente akademiese tekste met goeie begrip moet kan lees, en wat tersiĂŞre inrigtings behoort te doen om hierdie probleme aan te pak.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics