Original Articles
Discourse Performance In Minimal Immersion And Non-Immersion Groups: A Comparative Analysis*
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724554
Abstract
In die navorsing wat hier beskryf word, val die hoofklem op die uitwerking van immersie, 'n term wat op die breedste moontlike wyse gebruik word om onderrig deur middel van 'n vreemde taal in selfs een sicoolvak in te sluit—aldus minimale immersie. Die belangrikste doelstelling met die studie was om 'n raamwerk te ontwikkel en toe te pas wat op 'n analitiese manier die uitvoering van n diskoerstaak in die vreemde taal (Engels) kan evalueer. Die teoretiese raamwerk wat ontwikkel is, sluit in aspekte van diskoersanalise wat op taalhandelingsteorie gegrond is en ook navorsing oor spreekbeurtneming. Die proefpersone was Graad 7- studente wie se huistaal Duits was, waarvan sommige in die Schleswig-Holstein eksperimentele immersieprogram deelgeneem het (vgl. bv. Wode 1994). Anders as die twee kontrolegroepe, het die studente in die immersiegroep hulle geskiedenislesse deur middel van Engels ontvang. Die studente se uitings is inter alia in terme van 'n stel diskoershan-delinge (bv. Elisitering; Direktief; Repliek-meedeling; Responsie; Kommentaar; Erkenning) ontleed wat volgens die hoeveelheid inisiatief wat elkeen verteenwoordig, gerangskik word. Die navorsing dui aan dat die immersiegroep in terme van die meeste kriteria beter gevaar het. Dit bevestig evalueerders se holistiese skattings van die prestasievlakke van die verskillende groepe en help ook om daardie skattings te eksplisiteer. Die artikel sluit af met 'n paar opmerkings oor die waarde van hierdie diskoersanalitiese benadering en die relevansie van die studie in die Suid-Afrikaanse konteks.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics