Original Articles
PARADOKSE VAN KOHERENSIE
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724557
Abstract
In die tekslinguistiek (en ander dissiplines) word daar die afgelope twee dekades algemeen aanvaar dat koherensie 'n omvattende, relatiewe en interdissiplinere konsep en verskynsel is. Hierdie positiewe tendens gee ongelukkig soms aanleiding tot oorinklusiewe definisies van koherensie. Terselfdertyd word die konsekwensies van insigte aangaande die inklusiwiteit en betreklikheid van (in)koherensie nie ten voile aanvaar of uitgewerk nie en daarom is daar (onderliggend) 'n volgehoue neiging tot reduksionisme, afsluiting en dualisme. In hierdie tekslinguistiese ondersoek (met 'n beduidende interdissiplinere inslag) word die volgende moontlike oplossing vir hierdie problematiek aan die hand gedoen: daar behoort vrede gemaak te word met die onontkombare “gelyktydigheid” van die konstituerende faktore van koherensie en die gevolglik inherent paradoksale aard van koherensie, deur hierdie konsep konsekwent in terme van 'n reeks verbandhoudende paradokse te verken: geslotenheid oopheid (teks-leser, teks-konteks, teks-interteks); produksie-resepsie; proses-produk (vloei-ontwerp, horisontaal-vertikaal, temporeel-ruimtelik, oorgang-motief); verwagting-resultaat; koherensie-inkoherensie en/of orde-chaos. Hierdie benadering kan die inklusiwiteit van koherensie meer hanteerbaar maak en 'n bevryding bied ten opsigte van die geneigdheid om koherensie te reduseer tot byvoorbeeld een element van die kommunikasiesituasie, of tot een pool van 'n oenskynlike binere opposisie.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics